Our Story

We are living our passion and try to make a difference to people's lives every day
Marietjie Properties Agents


Marietjie het sedertdien 2002 die uitdaging aangepak en die Eiendomsmark betree met volle passie en haar volle kwalifikasies. (MPRE). 

Louise het sedertdien 2007 ook haar beroep verander en die Eiendomsmark betree, waar sy ook as gekwalifeseerde Konsultant haar passie voluit leef. (PPRE) 

Tanya Verwey het by ons aangesluit en gaan met volle oorgawe om die langtermynverhuring so suksesvol sonder probleme te hanteer.  Dit is vir haar noodsaaklik dat alle huurders sowel as verhuurders gelukkig is, sy stap die ekstra myl met elkeen en voorwaar ‘n steunpilaar wat haar werk met trots daagliks doen.
Marietjie Properties Agents

Marietjie Coetzee en Louise Meiring is  2 “formedabelle”  dames (soos ‘n kliënt hulle beskryf) en stap al feitlik 12 jaar die pad saam as vriendinne en besigheidsvroue en druk hulle stempel oral af waar hulle beweeg, want hulle is ook bevoorregte kinders van die Here.

Hulle geniet hulle werk,   probeer om daagliks ‘n positiewe verskil in alle mense se lewens te bewerkstellig wat hulle paaie sou kruis.  Hulle lewe voluit en ‘n mens ervaar hulle menswees duidelik by ‘n ontmoeting.   Hulle is steunpilare en ‘n ware aanwins in die gemeenskap van Hartenbos/Mosselbaai omgewing en is hier om te dien. 

Ons het oral kontakte en kan kliënte dwars oor die land help om die regte eiendomme te bekom.   Kort- en langtermyn verhurings geniet ook aandag.

Marietjie is gebore en getoë in Hartenbos/Mosselbaai en woon steeds ononderbroke hier in die “Paradys”,  soos baie nuwe inwoners ons area beskryf.  Sy is ‘n wonderlike mentor en doen alles met oorgawe en enige mens kan met respek opkyk na haar vir leiding en raad.  Sy het 2 pragtige getroude kinders en 1 kleindogter, wat so bevoorreg is om so ‘n dierbare ouma te hê.

Louise is ‘n gebore Senekaler (Vrystater), 16 jaar in Kroonstad gewoon, 7 jaar in Schweizer-Reneke en feitlik 12 jaar in Hartenbos.  Sy is getroud met 2 seuns.

Tanya is ‘n inboorling van Oudtshoorn, getroud met 2 pragtige skoolgaande ‘n dogter en ‘n seun.

Soos ons leuse:  LET’S DO THE WALK FOR YOU!!!

Perfect Everything in Everyway

facebook_page_plugin