Louise is gebore in Senekal in die Vrystaat. Sy is die afgelope 17 jaar in Hartenbos woonagtig en is die trotse ma van twee Potchefstroom-studente. Louise en Marietjie werk sedert 2007 saam in die eiendomsbedryf.
Marietjie Van der Vyver
Marietjie is in Hartenbos, Mosselbaai gebore en getoë. Sy is die enigste dogter in ‘n gesin van vier kinders. Sy sê sy was nog baie jonk toe sy reeds geweet het dat sy eendag in ‘n koop-en-verkoop besigheid betrokke sal wees.
In Julie 2020 ontmoet ek vir Marietjie die eerte keer op ‘n Sondagmiddag om na ‘n huis te gaan kyk. September 2020 verhuis ons van Pretoria na Hartenbos en Marietjie en Louise doen moeite om uit te vind wat ons behoefte is en om die regte huis vir ons op te spoor. Januarie 2021 kry hulle ‘n huis om te lys in Bayview en besef dadelik dat hierdie huis ons behoeftes soos ‘n handskoen pas. Hulle skakel my dadelik en ons koop die huis nog voordat dit amptelik gelys word.
Ek kan net met groot lof praat van die uitsonderlike diens en meelewing wat ons van hierdie dames ontvang het. Die hele transaksie het vlot afgeloop, danksy hulle professionele diens.
Uitstaande Diens Gelewer.
Dit is vir ons aangenaam om te bevestig dat ons hoogs tevrede is met die diens wat Louise Meiring as verteenwoordiger van Marietjie Eiendomme gelewer het tydends die aankoop van eiendom te Hartenbos. Ons het haar as 'n vriendelike, eerlike en baie profesionele persoon ervaar wat geen moeite ontsien het om aan al ons behoeftes te voldoen nie. Ons sal met groot vrymoedigheid weer van haar dienste gebruik maak, indien nodig, en sal haar enige tyd aanbeveel.
Hoogstaande werksetiek en integriteit.
Dit is vir my ʼn voorreg om te bevestig dat ons kantoor op ʼn gereelde basis transaksies hanteer wat deur Marietjie Eiendomme (Marietjie en Louise) bemiddel word. Jul werksetiek en integriteit is van hoogstaande gehalte en julle is altyd bereid om die ekstra myl te loop om jul kliënte se belange te bevorder. Beste wense en sterkte vir jul firma as geheel en ook aan jul elkeen individueel.
Hoogstaande werksetiek en integriteit.
Dit is vir my ʼn voorreg om te bevestig dat ons kantoor op ʼn gereelde basis transaksies hanteer wat deur Marietjie Eiendomme (Marietjie en Louise) bemiddel word. Jul werksetiek en integriteit is van hoogstaande gehalte en julle is altyd bereid om die ekstra myl te loop om jul kliënte se belange te bevorder. Beste wense en sterkte vir jul firma as geheel en ook aan jul elkeen individueel.
Excellent Service.
I have been dealing with Ms Me Louise Meiring for many years. Whenever I need holiday accommodation in Hartenbos or the bigger Mossel Bay I would contact Louise. I always received excellent service from her. The properties she has offered was always of an excellent standard. She always tries to operate in the interests of both parties. It is just a pleasure in dealing with her and I will no doubt recommend her.
Vriendelik & Behulpsaam.
Hiermee kan ek..Zelma Klue ..getuig dat ons ervaring met Mev Louise Meiring net mooi en goeie dinge inhou...vanaf dag 1 wat ek haar telefonies gekontak het ongeveer 5jaar gelede was sy nog net vriendelik en behulpsaam, het ook altyd die ekstra myl gestap om te help..Haar diens was nog altyd van hoogstaande gehalte.Die woonstel was nog altyd skoon en netjies..niks uit plek nie.Ons het ook deur die jare met n geselsie hier en daar haar leer ken as n altyd netjiese, vriendelike en aangename persoon.Soms laat in die aand met n besem en mop..net om te sorg dat n volgende woonstel skoon en reg is vir die volgende vakansiegangers.Ons het ook al verskeie ander mense na haar verwys..wat sy dan volgens hulle behoeftes gehelp het en almal praat met lof oor haar goeie diens.
Indien enige vrae voel vry om my te kontak.
Vriendelik & Behulpsaam.
Na my vrou se afsterwe moes ek dringend my huis verkoop. Deur 'n vriendin het ek van Marietjie Eiendomme gehoor, en Marietjie gebel. Marietjie en Lousie het my die volgende oggend kom sien. Hulle het die huis deurgekyk en gese hulle dink hulle het 'n kontant koper wat sou belangstel. Op Marietjie se advies het ons toe op 'n bilike prys besluit.
Hulle het hom gekontak, en so twee uur later het die voornemende koper die huis kom besigtig. Hy het baie belang gestel, en later die middag het hy en sy gesin weer die huis kom besigtig.
Die volgende dag het die koper 'n aanbod gemaak, ek het n teenaanbod gemaak. Die volgende dag het die koper die teen aanbod aanvaar, en die koopkontrak is geteken. Die 50% deposito is binne vyf dae betaal, en die res is by okkupasie betaal.
Om 'n eiendom in twee dae te verkoop is eintlik ongehoort, en is dedanke aan Marietjie en haar staf se hoogs profesionele diens. Na die ondertekening van die koopkontrak het Marietjie my voortdurende op hoogte van die verloop van sake gehou, wat groot gemoedsrus gegee het.
EK kan Marietjie Eiendomme met die grootste vrymoedigheid aanbeveel.