Gesinsvriendelike Dubbelverdieping in Hartenbos

R 4 900 000

Spesifikasie
Kenmerke
Aluminium Vensterrame, Plaveisel, Tuin, Ingeboude Braai, Ingeboude Kaste, Balkon, See-uitsig, Hout Vensterrame, Tandem Motorhuis, Geplaveide Opritte, Gesinskamer met Binne-braai, Kombuis, Buite Afwerking: Gepleisterde Mure + Asbes Dak, Vloere: Teëls in algemene areas, matte in slaapkamers, Dubbelmotorhuis met afdak vir ekstra voertuig, boot, of sleepwaentjie
Beskrywing
Hierdie stewige 3-slaapkamer dubbelverdieping woning is ideaal geleë in ‘n stil straat naby Hartenbos se hoofstrand, ontspanningsgeriewe en winkelsentrums. Die groot erf met volgroeide bome en ‘n gevestigde tuin, bied eindelose moontlikhede vir verhuring, as permanente gesinswoning of as ‘n vakansiebestemming.

Grondvloer: Reg langs die ingangsportaal is ‘n ruim hoofslaapkamer met ‘n volledige en suite-badkamer. Die grondvloer is ook waar jy die groot kombuis en ‘n gesellige leefarea met ingeboude braai sal aantref. ‘n Gesellige 1-slaapkamerwoonstel op ‘n laer vlak het ‘n aparte ingang, kombuis en badkamer. Dit is perfek vir verhuur of as ‘n privaat woonplek vir familie of gaste.

Bo-ontwerp met Uitsig: Op die boonste vloer is twee slaapkamers met balkonne en ‘n pragtige uitsig oor Hartenbos en die omliggende berge. Die twee kamers deel ‘n moderne badkamer met stort, wasbak en toilet.

Hierdie huis skep die perfekte omgewing om die rustige kusleefstyl te geniet. Terselfdertyd bied dit veelsydige leefopsies – of jy nou ‘n permanente gesinswoning of ‘n vakansiehuis soek.

Kontak ons vandag nog om ‘n besigtiging te reël en jou Hartenbos-drome waar te maak met hierdie unieke eiendom!
Marietjie
Marietjie Van der Vyver